Wednesday, August 18, 2010

onderwyser-administrasie op die rekenaar

Rekenaars in die onderwys is seker een van die wonderlikste bevindings, nie net vir die leerders nie, maar ook vir die onderwysers.

Waar onderwysers voorheen hope en hope administrasie op los papiere en boeke gehad het, het dit ten goede verbeter.  Rekenaars het in die skole in gekom en alle administrasie het oorgeskuif na die rekenaar. 

Onderwysers maak nou vraestelle op rekenaars, nuwe inhoud kan daarop getik word wat aan leerders bekendgestel moet word, asook hulpmiddels kan gevind word op die rekenaar.  Onderwysers kan hul puntestate en berekenings van punte alles op die rekenaar verwerk.  Rapporte word ook op die rekenaar gemaak en uitgedruk.

Rekenaars het dus onderwyser-administrasie tydsgewys ongelooflik verbeter!!!

3 comments:

  1. Ek stem volkome met jou saam. Rekenaars en ander tegnologie kan die onderwyser se werk halfveer. Dit maak dit ook vir die onderwyser maklik om as daar enige veranderings aan sekere dokumente aangebring moet word, dit vinnig af te handel en dan weer so te stoor. Rekenaars is dus wonderlike hulpmiddels vir onderwysers se administrasie!

    ReplyDelete
  2. Rekenaars is 'n groot voordeel, al belangrike konsep wat alle onderwyser moet onthou is om "back-ups" van al hulle werk te maak.

    ReplyDelete
  3. Rekenaars is baie belangrik en maak onderwysers se werkvrag soveel minder. Alle opvoeders moet dus net onthou om ten alle tye "back-up's" van hulle werk te maak!

    ReplyDelete